Ontmoet ons nuwe Mej. Suid-Afrika... Lalela Mswane

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lalela Mswane (Foto: Mej. Suid-Afrika se amptelike Facebook-blad)
Lalela Mswane (Foto: Mej. Suid-Afrika se amptelike Facebook-blad)
Die pragtige 24-jarige donkerkop Lalela Mswane is pas met die gesogte titel van Mej. Suid-Afrika gekroon.

Lalela het beoordelaars behoorlik betower met haar elegansie, skoonheid en styl. Sy kom oorspronklik van KwaSokhulu, Richardsbaai in KwaZulu-Natal en is 'n danser en model. Sy het ook 'n regsgraad aan die Universiteit van Pretoria bekom. 

Die kroningsgeleentheid het Saterdagaand by die Grand Arena Grandwest Casino in Kaapstad plaasgevind en Lalela het die leisels by die ewe formidabele Shudufhadzo Musida (25) oorgeneem. 

Sy stap weg met pryse ter waarde van R4 miljoen.

Die geleentheid het Saterdagaand geskiedenis gemaak toe die huidige titelhouers van Mej. Wêreld, Toni-Ann Singh van Jamaika, Mej. Heelal, Andrea Meza van Meksiko, en Mej. Supranasionaal, Chanique Rabe van Namibië, teenwoordig was. 

Van die eregaste het ook ingesluit voormalige Mej. Wêreld Rolene Strauss (2014) en Margaret Gardiner wat in 1978 met die Mej. Heelal titel gekroon is.

Zimi Mabunzi van eQonce (King William's Town) en Moratwe Masima van Sandton in Gauteng was onder topdrie finaliste.

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees