‘Oorlog woed’ tussen Victoria Beckham en skoondogter: ‘Hulle kan mekaar nie verdra’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die wenkbroue het gelig toe Nicola (27) op haar Instagram-blad ’n roerende inskrywing gemaak het ná dit aan die lig gekom het dat sy en haar skoonma, Victoria (48), mekaar glo op sosiale media “ignoreer”. Dit is nadat Nicola in April vanjaar getrou het met die modeontwerper en voormalige Spice Girl-sangeres se oudste seun, Brooklyn (23).

Die Transformers-ster en dogter van die New Yorkse miljardêr Nelson Peltz (80) het ’n foto van haarself in die bed gedeel waar sy ’n swart top dra en ’n teddiebeer op haar bors rus.

Hierby skryf sy aan haar 2,7 miljoen volgelinge: “Soms is dit moeilik vir my om die hartseer dele van myself te deel. Om met sewe sibbes en twee baie sterk ouers groot te word, het my baie taai gemaak. Hulle het dit by my ingehamer om nie toe te laat dat mense my onderkry of my hart seermaak nie. Ek het gevolglik ’n muur opgerig om myself te beskerm, veral in dié bedryf. Ons het almal dae waar mense jou sleg laat voel en dis okei om seergemaak te voel daardeur. Ek het net gedink ek wil iets skryf omdat ek nooit dié kant van my hier wys nie,” skryf sy. “Ek wou hierdie kant van my wys.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in