“Ons trippie New York toe was ongelooflik, ek kan nie eers begin om te verduidelik hoe spesiaal en lekker dit was nie. Ek en my ma was daar vir agt dae en dit was ’n fees van begin tot einde,” vertel Nicole.
“Om te reis laat ’n mens besef hoe groot en wyd die wêreld is,” sê Nicole. “Dit stel jou bloot aan verskillende kulture en is kos vir die siel. Die lewe is te kort om nie daai vlugte te bespreek nie!”
Om die Big Apple saam met haar ma, Marinda Wilmans, te kon verken was een van die spesiaalste dinge wat sy al ooit beleef het.
“Ek het voor ons reis ’n program bymekaargesit, en ons het alles van die Brooklyn-brug tot ’n koffie en croissant in Central Park geniet.