Oprah was so bang vir covid – sy het vir 322 dae nie haar huis verlaat nie

akkreditasie
Sy is bekend vir haar opspraakwekkende onderhoude en risiko’s wat sy in die sakewêreld loop, maar daar is een ding waarmee Oprah Winfrey nie ’n kans sal vat nie. En dit is haar gesondheid.
Oprah Winfrey
Oprah Winfrey. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die Amerikaanse geselsprogramaanbieder net onlangs onthul sy het in die ergste tyd van die pandemie in 2020 vir 322 dae nie haar huis verlaat nie. Terwyl sy haar nuwe dokumentêr, The Color of Care, bespreek het, het Oprah (68) gesê haar geskiedenis met longontsteking het haar vrees daaroor versterk om die coronavirus op te doen.

Sy was gelukkig sy kon haar saam met haar lewensmaat, Stedman Graham (71), in haar huis van $40 miljoen (R630 miljoen) in Santa Barbara, Kalifornië, afsonder.

“Jy kan dit doen wanneer jy jou nie hoef te bekommer oor waar die volgende salaristjek vandaan kom nie. Dit was nie vir my nodig om my te bekommer oor: ‘Sal ek huurgeld hê? Sal ek kan kos koop? Sal ek die ligte kan aanhou en sal ek my kinders kan versorg?’ nie,” sê sy.

Die mediamagnaat het ook gesê dit was vir haar maklik om haar van die wêreld af te sonder.

“Ek dink dit is omdat ek elke dag, twee keer per dag, in ’n gehoor van 350 mense was. Dus het ek hand geskud en handtekeninge uitgedeel en selfies gehad, en baie aandag, en blootstelling aan tussen baie mense wees,” sê sy.

“Ek kon alleen wees soos wat ek in jare nie kon wees nie, want gewoonlik, selfs as ek tyd vir myself opsysit, dink ek oor wat die volgende ding is wat kom.” 

Sy sê sy het soos Superwoman gevoel nadat sy haar covid-19-entstof ontvang het, maar sy is steeds baie versigtig oor haar gesondheid.

“Ek dink dit is te gou om op te hou om maskers in vliegtuie te dra. Maar dit is wat mense kies om te doen. As ek op ’n kommersiële vliegtuig was, sou ek een van die mense gewees het wat steeds my masker dra,” sê Oprah. 

“En ek sou een van die mense wees wat steeds my masker dra in ’n toe gebou met mense wat ek nie weet of hulle ingeënt is of nie. Maar dit is net ek. En ek aanvaar belis daar is ander mense wat verskil. Ek is oukei daarmee, mits ek myne kan dra.”

Noudat sy uit haar selfopgelegde borrel is, is sy terug by die werk en het sy ’n dokumentêr vervaardig wat fokus op hoe covid-19 rasseongelykheid in Amerika se gesondheidstelsel ontbloot het. 

The Color of Care handel oor swart Amerikaners wat geliefdes aan covid-19 verloor het en die ontstellende ervarings wat hulle gehad het toe hulle vir hul geliefdes probeer sorg kry het voor hulle dood is.

Aangesien sy bekend is sedert sy 19 was, sê Oprah sy het nie nodig gehad om dieselfde beproewings te trotseer wat ander mense verduur het nie. Sy hoop die dokumentêr sal aan die stemloses ’n stem gee.

“Ek het ’n lewe van voorreg en voordeel gelei, en is aan die beste gesondheidsorg blootgestel. Om blootgestel te wees aan wat daardie soort bekendheid doen wat betref toegang hê tot wat jy nodig het. Ek het altyd besonder sterk empatie gehad vir mense wat dit nie kan kry nie en dit nie het nie,” sê sy. 

Sy het ook ’n veldtog begin om toekomstige gesondheidswerkers, asook geraakte gemeenskappe en beleidmakers op alle regeringsvlakke te laat begin dink hoe gesondheidsgelykheid behaal kan word. 

Bronne: latimes.com, dailymail.com, people.com 

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  

Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees