book-icon Uitgawe 2 April 2020

Oud-Springbok Joe van Niekerk nou ’n woudbewoner met lang hare…

akkreditasie
Die voormalige Springbok Joe van Niekerk boer deesdae oranies in Costa Rica.
Die voormalige Springbok Joe van Niekerk boer deesdae oranies in Costa Rica.

Met sy bruin en gespierde lyf, lang lokke en tradisionele tatoeëermerke lyk hy soos ’n ware woudbewoner. Dis op foto’s duidelik die atletiese man met die breë skouers is ’n vrygees en op sy gelukkigste in die natuur. In video’s wat hy in die sosiale media deel, filosofeer hy oor identiteit, selfliefde en vreugde.

En as jy dink iets aan hom lyk bekend, misgis jy jou nie . . . Ja, dié adonis in die reënwoud van Costa Rica was eens op ’n tyd een van ons rugbywêreld se belowendste jong Springbokke.

Johann van Niekerk, of eerder “Big Joe” van Niekerk, soos hy in sy glorietyd bekendgestaan het, se lewe het ’n heel nuwe koers ingeslaan sedert ons hom byna twee dekades gelede die eerste keer as ’n woelige 1,93 m lange no. 8 op die rugbyveld leer ken het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in