"Have yourself a merry little Christmas, let your heart be light..."
So lui dié gewilde Kersliedjie se woorde - 'n pragtige musikale voorneme om die feestyd sorgvry te geniet. As dit maar vir almal so kon wees.
Die realiteit is dat die feesseisoen vir baie mense 'n depressiewe tyd van eensaamheid, hartseer en verlange is.