Sy was nog lank nie gereed om totsiens te sê nie, sê die sangeres Patricia Lewis net 'n dag nadat haar ma, Linda Lewis, Sondag in die ouderdom van 73 dood is.
Patricia het dié nuus Maandag bekend gemaak.
Sy sê haar ma, ’n oudstadsraadslid van Johannesburg, het ’n 12 jaar lange stryd teen Alzheimersiekte verloor.