Die gerugte dat hulle ’n paartjie is, is bevestig toe Pete met sy onlangse 29ste verjaardag vir Emily by haar woonstel in New York gaan oplaai het.
Die twee, geklee in bypassende pofbaadjies, het mekaar by die gebou se deur omhels en geniet duidelik hul nuwe romanse.
Die 31-jarige model het net ’n jaar gelede op die geselsprogram Late Night with Seth Meyers laat hoor sy dink Pete is oulik.