Só vertel die sangeres Elme Churr (33) van haar en haar man, Ben (36), se eerste oomblikke saam met hul eersteling.
“Dit is ’n Agape-liefde wat oor jou stort van die eerste oogopslag en ’n begeerte en ’n wil om hierdie mensie op te pas en te beskerm met jou hele menswees,” vertel Elme aan Huisgenoot.
“Wat my altyd oor Luke se geboortedag sal bybly, is die afwagting, die nuuskierigheid oor hoe sy ou gesiggie gaan lyk, die voetjies, die handjies en hoe dit sou voel om eindelik hierdie ou wonderwerkie vas te hou,” sê sy.