Die wolke pak saam om die toring van die byna eeu oue Katolieke kerkie op die Letsatsi-landgoed tussen Vredendal en Vanrhynsdorp in die Wes-Kaap.
Maar die reën bly weg – nes in die omgewing van Carnarvon in die Noord-Kaap waar Carl Möller en sy medeboere saam met die Karoovlaktes na uitkoms smag.
Maar midde-in ’n versengende droogte is die boerebruilof vandag ’n lafenis vir hul gemoed. Al het Carl (34), ’n deelnemer aan die 10de seisoen van Boer soek ’n vrou, toe nie voor die TV-kameras liefde gevind nie, trou hy vandag met sy droomvrou.