“’n Mens skrik groot,” sê die aantreklike donkerkop boer. “Maar dit is regtig ongelooflik.”
Klein Helen-Mari is op 11 Augustus om 08.58 op Oudtshoorn gebore, die naaste dorp aan die Botha-gesin wat privaat mediese sorg bied.
Johan en Helen het mekaar in 2014 op die werklikheidsprogram op kykNET ontmoet en die liefde het onmiddellik geblom. Johan het destyds op ’n plaas in die Sutherland omgewing geboer. In 2015 het hulle getrou en sedertdien het hulle na ’n plaas tussen Murraysburg in die Wes-Kaap en Victoria-Wes in die Noord-Kaap getrek waar Johan vir iemand boer.