Die lywige binnesenter draf deesdae vir die Sale Sharks-rugbyspan in Manchester, Engeland, uit. Hy het kortliks ’n ruskans geneem om op 11 Maart met Anri af te haak.
Die paartjie is al 11 maande saam en het besluit om in ’n klein, intieme onthaal voor 10 familielede by the Red Ivory op Hartbeespoort te trou.
Hul paaie het die eerste keer in 2017 gekruis - en dit aanlyn - nadat Anri se ma, Sarie de Jongh, haar vir die eerste keer van Rohan vertel het.