Só het prins Andrew (62) se eksvrou, Sarah Ferguson, oftewel Fergie, onlangs tydens ’n onderhoud met die Britse radiostasie Times Radio gesê.
Fergie (62) het Andrew ook as ’n “goeie en gawe man” beskryf, hoewel daar gerugte van seksuele misdrywe al rondom die omstrede hertog van York se kop gebars het.
Dié gerugte het die ronde begin doen nadat dit aan die lig gekom het dat Andrew en die veroordeelde seksoortreder Jeffrey Epstein vriende was.