Daily Mail berig dat Chelsy (36) onlangs in die huwelik getree het met die hotelier Sam Cutmore-Scott. Dit het in Maart vanjaar bekend geword dat Chelsy en Sam (37) in Januarie die ouers geword het van ’n seuntjie, Leo.
Die paartjie wou nie kommentaar lewer aan die Britse dagblad nie, maar die huwelik is glo bevestig deur ’n foto wat Chelsy met vriende gedeel het waar sy ’n trouring saam met haar verloofring dra. Die verloofring spog met ’n saffier, nes dié van Harry se skoonsuster, Kate, die hertogin van Cambridge. Vriende het wel aan Daily Mail verklap dat baie min mense kennis gedra het van die troue.
Dis nie bekend wanneer Chelsy en Sam 'n verhouding aangeknoop het nie, maar sy het in 2020 bevestig dat sy in ’n ernstige verhouding is.