Deel

Prinses Charlene se afwesigheid by die Roosbal verduidelik: ‘Stories dat hulle gaan skei, is totaal onwaar’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Grimaldi-familie het almal die jaarlikse Roosbal-liefdadigheidsgeleentheid in Monaco bygewoon, maar een persoon het geskitter in haar afwesigheid: prins Albert se vrou van 12 jaar, prinses Charlene (45).
koninglikes
Die Grimaldi-familie by die Roosbal op 25 Maart in Monaco (van links): Andrea Casiraghi, prinses Caroline, die mode-ontwerper Christian Louboutin, Charlotte Casiraghi, Tatiana Casiraghi, prins Albert, prinses Alexandra saam met haar kêrel Ben Sylvester Strautmann, Pierre Casiraghi en Beatrice Borromeo. Foto: Gallo Images/Getty Images)

Haar Deurlugtige Hoogheid se afwesigheid het egter niks te make met die onlangse gegis – veral deur die Franse tydskrif Royauté – dat die koninklike egpaar se paadjies gaan skei nie, het Chantell Wittstock, haar woordvoerder in Suid-Afrika, gesê.

Dit getuig eerder van haar toewyding aan haar liefdadigheidstigting, het Chantelle, gesê. Sy is getroud met Charlene se jonger broer, Sean.

“Charlene was in Doebai waar sy tans besig is om haar stigting op die been te bring. Sy is baie betrokke daarby, en dis nie die eerste keer dat sy die Roosbal weens werkverpligtinge misloop nie. Sy het Albert se volle ondersteuning en enige bespiegeling dat hul gaan skei, is totaal onwaar.”

koninglikes
Charlene en Albert was die dag voor die bal die toonbeeld van geluk by die Monte Carlo Woman of the Year-toekennings waar vroue in die digitale en tegnologie-bedryf vereer is. Foto: Eric Mathon/Prince Palace)

Die paleis het die “kwaadwillige gerugte” van ’n skeiding afgemaak en gesê die berig in Royauté is “totaal ongegrond”. Die ma van twee is egter tydens ’n onlangse uitstappie in Milaan, Italië, sonder haar trouring gewaar, wat ook die tonge laat klap het. 

Die prinses het die tonge stilgemaak toe sy en Albert dieselfde dag saam by die Monte-Carlo Woman of the Year-prysaand opgedaag het, en dié keer was haar trouring aan haar vinger.

“Charlene is nie iemand wat daarvan hou om gedurig juweliersware te dra nie, en soms verkies sy om dit nie te dra nie,” sê Chantell, hoof van die Princess Charlene of Monaco Foundation in Suid-Afrika.

Albert was intussen in ’n vrolike bui by die Roosbal, waar geld vir die Princess Grace Foundation ingesamel word. Die monarg se oudste suster, prinses Caroline (66), haar dogters, Charlotte Casiraghi (36) en prinses Alexandra of Hanover (23), en seuns, Andrea Casiraghi (38) en sy vrou, Tatiana (39), en Pierre Casiraghi (35) en sy vrou, Beatrice Boromeo (37), het by hom aangesluit.

koninglikes
Albert met sy susterskind Andrea se vrou, Tatiana (links), en susterskind Alexandra. Foto: Gallo Images/Getty Images

Gerugte dat hul paadjies gaan skei, volg die egpaar al jare lank en verskeie oorsese publikasies het al beweer die voormalige Olimpiese swemmer is ongelukkig en eensaam en het vroeg in 2021 Suid-Afrika toe gevlug.

Haar verlengde verblyf in Suid-Afrika terwyl sy herstel het van ’n ernstige oor-, neus- en keelinfeksie het die gerugte verder aangeblaas, wat boonop vererger het toe die egpaar nie hul 10de huweliksherdenking saam kon deurbring nie.

’n Keelvol Albert het eindelik sy stilte verbreek en aan die tydskrif People gesê: “Sy is nie woedend weg uit Monaco nie. Sy is nie hier weg omdat sy kwaad is vir my of enigiemand anders nie. Sy het nie in ballingskap gegaan nie. Dis net ’n mediese probleem wat behandel moes word.”

Bronne: dailymail.co.uk, people.com


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees