Prinses Charlene treur oor dood van geliefde hond

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

Die 43-jarige – wat steeds in Suid-Afrika aansterk ná ’n reeks operasies wat voortspruit uit ’n ernstige oor-, neus- en keelinfeksie vroeër vanjaar – skryf in ’n Instagram-plasing: “My klein engel is gisteraand dood. Sy is raakgery. Ek gaan jou so baie mis. Rus in vrede.”

By die plasing deel sy ’n foto waarop die prinses die hondjie met die naam Puppy vashou. Dit is skynbaar verlede jaar geneem. Met Huisgenoot se besoek in 2019 aan die Pienk Paleis in Monaco – waar Charlene saam met haar man, prins Albert, en haar sesjarige tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella woon – was haar twee honde, Puppy en Harley, nooit ver van haar deurlugtige hoogheid af terwyl sy met ons gesels het nie.

In ’n onderhoud met Huisgenoot in Julie vanjaar het sy vertel sy “mis my man, my babas en my hondjies verskriklik”.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees