book-icon Uitgawe 30 June 2022

Raaisel oor Derick en Nádine verdiep: Gesellinne glo omgekoop om verneukspul te versin

akkreditasie
Derick Hougaard is vroeër vanjaar daarvan beskuldig dat hy Nádine met twee gesellinne verneuk het. Foto: Sharon Seretlo/Gallo Images
Derick Hougaard is vroeër vanjaar daarvan beskuldig dat hy Nádine met twee gesellinne verneuk het. Foto: Sharon Seretlo/Gallo Images

Dis ’n raaisel vol kleurryke karakters soos iets uit ’n speurroman. Maar vir die hoofkarakter, die oudrugbyspeler Derick Hougaard, is dié drama nie ’n sappige storie wat ’n mens vir ontspanning oorvertel nie. En dit bly aan hom vreet.Hy is vroeër vanjaar daarvan beskuldig dat hy sy meisie, die sangeres Nádine, met twee sekswerkers verkul het – en dié bewering, wat hy as vals afmaak, het hom erg omgekrap.

“Derick is op aanbeveling van almal wat vir hom omgee Kaap toe, huis toe, om te rus – en Nádine ondersteun hom,” het ’n ingeligte bron vertel nadat die drama op die lappe gekom het.

“Derick kon ná die ding gebeur het glad nie meer slaap nie. Daardie man het op energiedrankies, koffie en sigarette geleef. Hy was bitterlik kwaad. Hy het vir my gesê: ‘Ek gaan nie toelaat dat iemand weer oor my, Derick Hougaard, loop nie.’”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in