Specmagic, noem sy aanhangers dit. Dis wat die Blitsbokke se Rosko Specman doen wanneer hy die verdediging met suiwer vaart en vernuftige voetwerk oopvlek.
Dis inderdaad asof hy toor met die bal onder die arm: Sien my hier, sien my daar . . . en siedaar! Ek druk agter die pale!
Video’s van Rosko se drieë word pal in die sosiale media bekyk en selfs met rekenaartruuks “opgezoep”, soos die een teen Kanada in die onlangse toernooi in Vancouver.