Maar ’n jaar en ’n half later het sy wildste drome waar geword, en hy het die videograaf Lucretia Labuschagne tussen hooibale en kersliggies gevra om sy vrou te wees.
“Ek het altyd geweet ek wil my toekomstige vrou op ’n koppie by ons vriende se plaas op Moorreesburg vra om te trou, en later het ek geweet dit is vir háár wat ek op hierdie koppie wil vra om te trou,” vertel hy aan Huisgenoot.
Hy het haar ’n paar keer gebluf om haar te laat glo hy gaan haar vra, maar toe dit eindelik gebeur het, het sy dit glad nie sien kom nie.