“Dit is iets wat ek al baie lank wou doen en het nooit gedink dit gaan ’n realiteit word nie. Toe ek weer sien is ek besig met ’n reeks.”
“Ek wou graag mense motiveer om te oefen en om beter oor hulself te voel,” vertel Dirk oor sy reeks in samewerking met AMA Couture.
“Die oefenreeks het ook klere vir alle liggaamstipes,” voeg die sanger by.