Maar ’n mens wonder . . . het die sanger van die treffer “Stukkie van der Merwe” darem ’n stukkie van Alexei se meerminkoek gekry?
“O ja beslis, maar ek moet bieg dat ek meer as net ’n stukkie gehad het. Daar is niks beter as ’n sny verjaardagkoek saam met jou koffie vir breakfast nie,” vertel hy aan Huisgenoot vanuit Pretoria.
Daar was opblaas-seediere en skulpies; oliebolle en kolwyntjies versier volgens die tema. Maatjies het ook kussings gekry met meerminne op om saam huis toe te vat.