Riaan het die wonderlike nuus op sosiale media bekend gemaak dat hy en sy meisie, Melissa Oberholzer, gaan ouers word. Dit is vir hom lekker om hierdie nuus met almal te deel, skryf Riaan.
“My beker loop oor! Ek en my Baps, Melis, verwag ons eerste kind!” skryf Riaan verder. “Ek is lief vir haar en sy vir my. Die Here gee lewe en ons is geseënd. Dit is ’n ongelooflike groot wonderwerk en ons is baie opgewonde!”
Meer as 6 000 van sy volgelinge op Facebook het hiervan gehou terwyl sowat 660 mense hul gelukwensing uitgespreek het. Onder andere skryf Marinda du Toit, die vrou en bestuurder van die sanger Ruhan du Toit: “Geluk julle twee, julle gaan amazing ouers wees.”