Sangeres Cordelia vind geluk ná die seer – nou mik sy kansel toe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Cordelia en Kobus van Zyl gaan trou. Foto: Hendri Viljoen
Cordelia en Kobus van Zyl gaan trou. Foto: Hendri Viljoen

Hier waar ons by Cordelia en Kobus in hul meenthuis in Pretoria kuier, borrel die blondekopsangeres behoorlik oor van geluk. Maar dit was nie altyd so nie. Sy het jare lank met emosies van verwerping geworstel, erken sy oor ’n glas vrugtesap.

Eers moes sy as sesjarige die nuus verwerk toe sy hoor sy is ’n aanneemkind. Op 14 is haar aanneempa, Louis Nienaber, met wie sy ’n baie sterk en hegte verhouding gehad het, in ’n tref-en-trap-ongeluk oorlede. En in 2015 het haar huwelik ook op die rotse beland.

“In daardie stadium het ek deur emosies gegaan soos dat die lewe nie die moeite werd is nie, maar die Heilige Gees het Sy boodskap stelselmatig al hoe duideliker vir my gemaak: Ek moet die mense wat my die seerste gemaak het, vergewe. Want net vergifnis bring verlossing.”

Cordelia het besef dat sy met hiérdie boodskap weer ’n verskil in ander se lewe kan maak en in 2018 het haar Ma en Dogter Glansaande, ’n projek met sang, getuienis en berading, afgeskop wat sy reg deur die land aan vroue gebring het. En dáár huil en lag en sing ons saam, vertel die sangeres wat in 2015 met die album Breek die stilte gedebuteer het. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

29 September 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in