Hy is bekend vir sy vertolking van die sjarmante aan-af-minnaar van een van die kassie se geliefste karakters, en toe Sex and the City van 1998 tot 2004 uitgesaai is, het vroue saam met Carrie Bradshaw oor Mr. Big geswymel.
Daarom was kykers verstom toe dié karakter sommer net so in die program se opvolgreeks, And Just Like That . . ., sterf. Maar dié skok was nog niks, want toe ruk ’n veel groter storm kykers van die program waarin Carrie en kie pronk.
Talle vroue beweer Chris Noth, die akteur wat Mr. Big gespeel het, het hulle seksueel aangerand.