Deel

Só het Angela Lansbury haar dogter van kultus-moordleier Charles Manson gered

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
In haar vernaamste rolle het sy gereeld met misdaad en ongure karakters te doen gekry – veral in haar rol as amateurspeurder Jessica Fletcher in die trefferreeks 'Murder, She Wrote'.
Angela Lansbury het in die 1960’s te doen gekry met die berugte kultusleier en moordenaar Charles Manson. Foto: Gallo Images/Getty Images

Noem dit dan maar ’n soort ironie dat die aktrise Angela Lansbury ook in die regte lewe met misdaad te doen gehad het. 

Die aktrise, wat vandeesweek op 96 jaar oorlede is, het in die verlede onthul dat sy en haar gesin van Amerika na Ierland moes trek om haar dwelmverslaafde dogter uit die kloue van die moordenaar en kultusleier Charles Manson te kry.

In ’n 2014-onderhoud met die Daily Mail het Angela verduidelik hoe haar dogter, Deidre (nou 69), in die 1960's by ’n ongure groep betrokke geraak het wat gelei was deur die musikant wat eindelik ’n massamoordenaar geword het. 

v
Angela is bekend vir haar rol as die slim raaiselverhaalskrywer Jessica Fletcher in die televisiereeks Murder, She Wrote, wat tydens die 1980’s en 90’s uitgesaai is. Foto: Gallo Images/Getty Images)

“Dit het met dagga begin, maar het oorgegaan na heroïen. Daar was faksies bo in die heuwels bokant Malibu wat toegewy was aan dodelike dinge. Dit maak my seer om dit te sê, maar Deidre was in ’n stadium betrokke by ’n groep onder leiding van Charles Manson.”

Haar dogter, het sy vertel, was een van talle jong mense wat “begeester” was met Manson. Hy is eindelik in Julie 1967 lewenslank tronk toe gestuur, en op 19 November 2017 is hy in die ouderdom van 83 jaar dood.

Haar seun, Anthony (nou 70), was terselfdertyd verslaaf aan kokaïen en heroïen. 

v
Angela en haar dogter, Deirdre Angela Shaw, by die Emmy-toekennings in Pasadena, Kalifornië, in 1991. Foto: Gallo Images/Getty Images

Sy het besluit om saam met haar kinders en man, die oorlede Engelse akteur Peter Shaw, vanaf Los Angeles na Ierland te trek.

“Ek het vir Peter gesê: ‘Ons moet trek,’” het sy vertel.

“Ek het ’n huis in County Cork gekry. Ek was aangetrokke tot Ierland omdat dit my ma se geboorteland was, en dit was ook iewers waar my kinders nie aan slegte invloede blootgestel sou wees nie.”

Haar seun het eindelik die dwelmduiwel geklop en ’n akteur en regisseur geword en die regie van 68 episodes van Murder, She Wrote behartig. Deirdre het ook herstel en met die sjef Enzo Battarra getrou.

v
n Toneel uit die 2003 TV-fliek Helter Skelter oor Charles Manson en sy jong volgelinge in die laat 1960’s. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hulle het saam ’n Italiaanse restaurant genaamd Enzo & Angela in Los Angeles geopen, maar dit het intussen gesluit. Angela, wat op 11 Oktober oorlede is, was ’n toegewyde ouma vir haar drie kleinkinders en vyf agterkleinkinders. 

Bronne: Dailymail.co.uk, Hollywoodlife.com

Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees