Sokkerster-eks beweer hy stamp haar met die kop én verneuk haar met 8 vroue

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met 34 trofeë agter sy naam is Ryan Giggs (48) een van Manchester United se mees gevierde sokkerspelers. Maar ondanks sy roemryke loopbaan is die gewese middelveldspeler meer in die nuus vir sy gedrag van die veld af as daarop.
Die voormalige sokkerster Ryan Giggs word nou in B
Die voormalige sokkerster Ryan Giggs word nou in Brittanje verhoor. Hy word van beheer- en dwanggedrag en aanranding op sy eksmeisie Kate Greville aangekla. Foto: Gallo Images/Getty Images

Sy skandalige persoonlike lewe het in 2011 die eerste keer die hoofnuus gehaal toe dit aan die lig gekom het hy het vir agt jaar by sy broer se vrou geslaap.

Die nuus het die speler se familie en sy openbare beeld onherstelbare skade berokken.Nou is Ryan weer in die nuus nadat hy van beheer- en dwanggedrag teenoor sy eksmeisie Kate Greville aangekla is.

Hy word ook van aanranding aangekla en kan tot vyf jaar agter tralies beland as hy skuldig bevind word.Ryan en Kate het van 2017 tot 2020 uitgegaan.

Die twee het mekaar in 2013 ontmoet nadat Kate, ’n reklamepraktisyn, die Hotel Football help bemark het. Hy het die plek saam met sy voormalige United-spanmaat Gary Neville geopen. 

Ryan het in 2017 van sy vrou, Stacey Cooke, geskei en was nog getroud toe hy Kate ontmoet het. Kate, wat ook getroud was toe hulle mekaar ontmoet het, sê hulle het oor hul ongelukkige huwelike ’n band gesmee. Sy sê hulle was “sielsgenote” en “beste vriende” toe hulle begin uitgaan het, maar die verhouding van drie jaar het later  “toksies” en “dwingend” geraak.  

LONDON, ENGRyan Giggs by sy eksvrou, Stacey Giggs.
Ryan Giggs by sy eksvrou, Stacey Giggs. Foto: Gallo Images/Getty Images

Sy beweer die “kringloop van mishandeling” het ’n e-pos met die titel “afpersing” ingesluit wat hy aan haar gestuur het. Dit het ’n intieme video van die twee bevat en ’n dreigement om dit te deel as sy nie met hom kontak maak nie. “Hy het gesê: ‘Ek sal die boodskappe vir mense stuur as jy nie antwoord nie,’ ” sê sy. 

Sy voer aan op ’n ander keer het Ryan haar met tot 50 boodskappe per uur bestook en gedreig om haar loopbaan te vernietig. Toe sy ophou om hom te antwoord, het hy gevlieg na Doebai waar sy gebly het en vir haar gesê: “Kom ons begin met ’n gesin. Jy is die enigste mens by wie ek wil wees.”

Dit was skynbaar net ’n set, want “toe gaan hy terug huis toe, en ek vind uit hy gaan met ’n ander meisie uit,” sê Kate. “Ek was absoluut verslae.”

Tydens hul verhouding het Ryan haar ook op sy eksvrou se naam genoem, want hy “het geweet dit sou haar ontstel”.  

“Hy het gesê ek was net soos sy eksvrou, toe noem hy my op haar naam, Stacey.” Die 36-jarige Brit beweer sake het verder gegaan as net emosionele afpersing en skimpe. In ontstellende getuienis van 105 minute beweer Kate Ryan het haar in ’n rusie met die kop gestamp.

Die twee het baklei nadat sy bewyse van beweerde affairs “wat jare terug gestrek het” op sy iPad gevind het. Sy het aan die hof gesê haar lip het “dadelik opgeswel” in die voorval in November 2020 by sy huis in Worsley, Groter Manchester. 

Kate beweer hy het ook haar elmboog gebreek toe hy haar in hul nutskamer teen die grond vasgepen het terwyl hy probeer het om haar foon uit haar hand te gryp. Sy vertel hy het haar ’n ander keer “so hard in die rug geskop het dat ek van die bed af gevlieg en op die vloer geland het”.

Die twee het in ’n hotel in Londen gebly, en sy sê Ryan het haar daarna kaal tot in die leefvertrek van die suite gesleep. “Hy het my sak met my skootrekenaar in die hande gekry en dit na my kop gegooi,” het sy destyds vir speurders gesê.

Sy het toe ook gesê Ryan het haar kaal by die hotelkamer uitgesluit voor hy haar sowat 10 minute later weer ingelaat het. Die stryery het glo ontstaan nadat sy hom daarvan beskuldig het dat hy voor haar met ander vroue flankeer. 

Volgens Kate was die sokkerspeler regdeur hul saamwees ontrou en het hy in hul aan-af-verhouding van ses jaar met agt vroue affairs gehad. 

Ryan het sedertdien weer liefde gevind by die onderkleremodel Zara Charles (33). Bronne sê sy is vir hom ’n steunpilaar terwyl hy die aanklagte trotseer. 

Bronne: dailymail.co.uk, express.co.uk, thesun.co.uk, mirror.co.uk, express.co.uk

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in