“My ma is my beste vriendin,” vertel Skye (19). “Ons kan ure lank gesels en dit het van my gunsteling-herinneringe van my grootwordjare geword. Ons sal enige onderwerp bespreek en sy het soveel wysheid om te deel. Ek het baie waardevolle lesse in hierdie spesiale oomblikke geleer.”
Skye, wat vroeër vanjaar van Johannesburg na Kaapstad verhuis het, is tans ’n eerstejaarstudent by die musiekteater-akademie LAMTA wat by Theatre on the Bay in Kampsbaai gebaseer is.
Daar het sy die geleentheid om as ’n sangeres, danser en aktrise opgelei te word.