Sy’s die dra-weer-prinses! 5 keer toe Kate Middleton weer dié pragtige rokke gedra het

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kate, die hertogin van Cambridge, doen dit al jare lank – herwin van haar gunstelinguitrustings vir amptelike geleenthede – en dit was veral gepas by haar man, prins William, se Earthshot-toekenningsgeleentheid in Londen vandeesweek.
Kate Middleton
Kate Middleton en prins William. Foto: Gallo Images/Getty Images

Kate (39) het in pas met die aand se tema, waarvoor gaste gevra is om nie nuwe uitrustings te koop nie – ’n lilapers skepping deur haar gunstelingmodehuis, Alexander McQueen, gedra. 

Koninklike aanhangers het die pragskepping waarskynlik dadelik herken – Kate het dit ’n dekade tevore in Los Angeles gedra.

Die ma van drie is geloof hiervoor en talle het ingestem dit was die perfekte keuse vir die omgewingstoekennings. Vyf wenners is elk met R20 miljoen van die paartjie se Royal Foundation vereer waarmee hulle hul idees om die planeet te help in werking moet stel.

Kate is beslis die koningin van uitrustings herwin. Hier is ons topvyf-uitrustings.    

Griekse styl lilapers skepping

Kate het die koppe laat draai in hierdie Grieks-geïnspireerde lilapers rok by die Earthshot-toekennings in Londen. Maar sy het dit die eeste keer in 2011 gedra toe sy en William (39) ’n Bafta-galageleentheid in Los Angeles bygewoon het. 

Kate Middleton.
Foto's: Gallo Images/Getty Images

Sjiek wit jasrok

Kate was beeldskoon in hierdie sjiek naaswit jasrok deur Alexander McQueen by haar dogter, prinses Charlotte, se doop in Julie 2015 en weer by die 100ste herdenking van die Slag van Passchendaele in Julie 2017 in België.

Kate Middleton.
Foto's: Gallo Images/Getty Images

Blink blou rok

Die hertogin was verruklik in hierdie blink blou rok deur Jenny Packham tydens die Cambridges se toer van Indië in 2016. Sy het dit weer verlede jaar gedra toe sy ’n galageleentheid vir die liefdadigheidsorganisasie Place2Be aangebied het.

Kate Middleton.
Foto's: Gallo Images/Getty Images

Blougroen aandrok

Dit is een van haar gunstelinge – sy het dit al drie keer gedra. In 2013 na die 100 Women in Hedge Funds-dinee en twee keer in 2014: Na ’n galageleentheid in New York om die 600ste herdenking van die Universiteit van St. Andrews te vier (waar sy en William ontmoet het) en na ’n ete by die Nasionale Portretgalery in Londen vir haar liefdadigheidsorganisasie The Art Room.

Kate Middleton
Foto's: Gallo Images/Getty Images

Grys minirokkie

Sy het die elegante grys dagrokkie deur Roksanda Ilincic gedra na ’n onthaal in Los Angeles in 2011 en toe weer vir ’n middagete in 2016 in Londen ten bate van die Anna Freud-sentrum.  

Kate Middleton.
Foto's: Gallo Images/Getty Images
Teken hier in vir ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees