book-icon Uitgawe 1 April 2021

Taliep se dogter: My Suidooster-sprokie ná pyn tydens eie troue

akkreditasie
Jawaahier Petersen vertolk die rol van Kaashifa Mansour in Suidooster. Foto: Corrie Hansen
Jawaahier Petersen vertolk die rol van Kaashifa Mansour in Suidooster. Foto: Corrie Hansen

Dit was geen troue soos haar eie een 13 jaar gelede in die gewyde atmosfeer van ’n moskee nie.

Toe die groot dag eindelik vir haar Suidooster-karakter, Kaashifa Mansour, en dié se bruidegom aanbreek, het hulle sommer in die Oos-Wes-restaurant afgehaak nadat hul trouplek twee dae tevore deur waterskade verwoes is.

Tog het die aktrise Jawaahier Petersen (35) vir die seremonie voor die sepie se kameras “meer teenwoordig” gevoel as op haar eie troudag in November 2008 in ’n moskee in Athlone in Kaapstad – dieselfde moskee waaruit haar pa, die musieklegende Taliep Petersen, minder as twee jaar tevore begrawe is.

“Die hele 2008 is deur die moordverhoor verteer,” sê Jawaahier oor die opspraakwekkende hofsaak waarin haar stiefma, Najwa Petersen, saam met twee medepligtiges aangekla is van die moord op die geliefde sanger op 16 Desember 2006. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees