Die “Kaptein”-sanger en sy vrou, Dunay van Heerden, se jongste spruit, Kade, is nou in gr. 1.
“Ons is baie opgewonde vir dit wat vir Kade voorlê. Hy is ’n vreeslik sosiale seuntjie en wil net heeltyd omring wees deur maats. Ons stuur hom met ’n geruste hart grootskool toe,” sê Dunay.
Die mannetjie was wel ’n klein bietjie huilerig op die eerste dag, vertel sy ma. “Hy wou terug kleuterskool toe waar hy kan klimraam klim en in die sandput speel.”