Diaan, wat ons leer ken het as Paula van der Lecq in 7de Laan, en haar man, Jody, wat tans te sien is in die telenovela Arendsvlei op kykNET & kie, het twee kinders, Olivia-Rose (8) en Thomas (5).
Die aktrise en vervaardiger van die VIA-mooimaakprogram Die Skatties het onlangs ’n foto van haar jongste spruit op Instagram gedeel. Hy is op pad gr. R toe. Op die foto kan Thomas by sy kleuterskool se gradeplegtigheid in sy toga en bypassende pet gesien word.
“Thom gradueer. Gr. R hier kom ons. Hou ons dop, wêreld!,” skryf die trotse ma.