book-icon Uitgawe 28 Oktober 2021

Teetyd by Jak de Priester: Hy verklap als oor sy nuwe tuiste en nuwe TV-reeks

akkreditasie
Jak de Priester
Jak de Priester

Die doel van tee drink was nie sommer net tee drink nie – daardie koppie tee was soos die sleutel na ’n oomblik van samesyn; die gom van ’n goeie gesprek. Rooibos of Engelse tee, uit ’n porselein koppie met ’n piering op die behoorlike manier. Honderde, duisende koppies oor die jare heen . . .  

En vandag is ’n koppie tee vir die san ger en aanbieder steeds soveel meer as net ’n slukkie lafenis. Dié dat dit nou ook die eintlike ster is van sy nuwe televisiereeks, Koppieteefontein. In dié geselsprogram sit hy aan vir ’n koppie tee saam met bekendes soos die kabaretster Amanda Strydom en Mandisa Mfeka, Suid¬Afrika se eerste vroulike gevegsvlieënier – dikwels by ’n plek wat vir die gas besonderse betekenis inhou.

Saam met die sangeres en aktrise Elzabé Zietsman kuier hy vir oulaas by Zietsies, haar gastehuis in Johannesburg, voor sy dit verkoop het. Hy drink tee saam met Evita Bezuidenhout by haar perronrestaurant op Darling, saam met Margit Meyer-Rödenbeck by haar teater, Die Boer in Durbanville, en saam met die SuperSport-aanbieder Motshidisi Mohono op Loftus Versfeld.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees