Vanjaar sou dié jaar gewees het – die jaar waarop hulle al so lank wag. ’n Nuwe begin ná talle teleurstellings.
’n Nuwe hoofstuk waarin Tereza Troskie-Herbst (53) en haar man, Bennie (42), eindelik ’n baba sou kon verwelkom.
“Daar is hierdie ongelooflike vooruitsig van ’n klein mensie in ons huis,” het Tereza in Oktober aan Huisgenoot vertel.