Die storie het skaars Vrydag bekend geword, toe is Lee Saterdag op ’n vlug op pad Gauteng toe om in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem te word.
Huisgenoot is deur ’n goeie vriend van Lee, wat anoniem wil bly, ingelig dat sy vriende en familie nie geskroom het om hom te help toe hulle van sy omstandighede verneem nie.
Lee het die afgelope ruk by die Culemborg Nagskuiling se Safe Space 2 in Kaapstad gebly nadat hy haweloos geword het. Voor dit het hy vir twee maande ’n kamer teen R300 per nag in ’n Airbnb in Buitenkantstraat, Kaapstad, gehuur.