Marc (39) het dié nuus aan Huisgenoot onthul toe ons hom raakgebel het terwyl hy met sy geliefde hond LuSi by die hondepark in Kaapstad gaan speel het.
“Ek wag net vir my agentskap om die kaartjies te bespreek. Maar ek klim hopelik die naweek op ’n vliegtuig na Istanbul,” vertel hy.
In sy rustige stem verduidelik hy dat hy besluit het dis tyd vir verandering.