Die sangeres het onlangs foto’s in die sosiale media gedeel van haar en manlief, Heinrich (32), wat deesdae vir die Engelse rugbyklub Northampton Saints uitdraf en daar in Northampton woon.
"My hart is weer heel. Dis lekker om weer by die huis te wees – gehaltetyd voor ’n besige skedule," skryf Caroline, wat tussen Bloemfontein en Northampton woon.
En hoe voel dit om weer tuis by haar man te wees? "Ek is vier weke lank hier en my hart is weer heel," vertel Caroline (32) aan Huisgenoot.