Meer as ’n week lank is daar oor die sanger met die rasperstem se welstand gegis. Kan dit waar wees dat hy in die waakeenheid is? Of erger nog: Dat hy om sy lewe veg nadat leukemie verlede September by hom gediagnoseer is?
Aanhangers, kollegas en vriende van Theuns Jordaan is in onsekerheid gedompel toe boodskappe in die sosiale media sy welstand bevraagteken.
“Theuns het ’n terugslag beleef en is tans in die intensiewesorgeenheid. Sy toestand is baie ernstig en dit gaan nie goed met hom nie,” het een gelui.