Die rasperstemsanger is nog skaars ter ruste gelê, of nóg hartseer nuus tref die Jordaan-familie: Theuns Jordaan se ma sterf ook – minder as twee weke nadat die nuus oor die sanger se eie dood skokgolwe deur die land gestuur het.
Die nuus van tannie Maryna (79), soos daar liefderik na Theuns (50) se ma verwys is, se dood het geliefdes van die Jordaans Sondag stom gelaat.
Maryna was ’n geruime tyd lank in ’n versorgingsoord in Bethulie, in die Vrystaat, naby die familieplaas net buite Venterstad in die Oos-Kaap.