Suri (16) het begin aansoek doen by universiteite en wil mode in New York studeer.
Haar ma, die aktrise Katie Holmes (44), is haar steunpilaar en is glo baie bly dat haar dogter naby die huis wil wees.
Hoewel Tom, wat Suri glo in 2013 laas gesien het, nie ’n sê het in die proses nie, sal hy steeds vir haar studies betaal ingevolge die bepalings van die ekse se egskeidingsooreenkoms in 2012.