Tonge klap: Witwarm gerugte oor Pete Davidson en Kim Kardashian

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit lyk of Pete dalk ’n blaadjie uit sy eksmeisie se treffer ‘Thank U, next’ geneem het, want die skindertonge gons oor ’n moontlike nuwe liefdesverhouding tussen hom en Kim.

Dié twee is die naweek gesien toe hulle by die Knott’s Scary Farm-pretpark in Kalifornië op van die ritte gegaan het. Kim se suster, Kourtney Kardashian, en haar verloofde, Travis Barker, was ook daar en dié groepie het saam op ritte gegaan. 

’n Bron met kennis verklap Travis is mal oor Knott’s Scary Farm en hy gaan al jare soontoe. En wat meer is: Dit blyk Travis het moontlik vir Pete aan Kim voorgestel omdat hulle gemeenskaplike vriende het. 

“Hulle kuier in dieselfde kringe en sal dus van tyd tot tyd saam tyd deurbring. Dit is net vriende wat saam kuier,” het die bron gesê. 

Dié kuiersessie is minder as ’n maand nadat Pete en Kim mekaar tydens Saturday Night Live (SNL) op die kassie moes soen. En dit blyk Kim se vervreemde man, Kanye West, was nie gelukkig oor dié soen nie. 

Kim Kardashian West.
Kim Kardashian West. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Hy maak asof hy oukei is daarmee, maar hy het uitgestorm toe hy sien hoe goed Kim en Pete agter die skerms oor die weg kom,” verklap die bron. Maar Kanye is nie besig om daaroor te skel of kwaad te raak nie.  

“Dit was dalk net vernederend vir hom om te sien hoe hulle voor hom en die hele wêreld soen. Al was hulle net besig om toneel te speel.”

Dit is ook nie die eerste keer dat Kim en Pete saam kuier nie. 

Dié twee is al sedert 2019 vriende nadat hulle vir die eerste keer saam by die sanger Kid Cudi se verjaardagpartytjie gesien is. 

En hoewel Pete in 2019 op SNL gekgeskeer het met Kanye nadat die kletsrymer oudpres. Donald Trump ondersteun het, het Pete op ’n kletsprogram gesê hy, Kim en Kanye kom goed oor die weg. 

Pete Davidson.
Pete Davidson. Foto: Gallo Images/Getty Images

“Kim en Kanye is die oulikste paartjie ooit. Baie, baie vriendelike mense en ek het ’n baie goeie tyd saam met hulle gehad,” het Pete aan Jimmy Fallon op die Tonight Show gesê nadat hy die gek met Kanye geskeer het. 

Pete het al met verskeie van Hollywood se grootste name uitgegaan. 

Phoebe Dynevor

Pete en die Bridgerton-ster Phoebe (26) het vroeër hierdie jaar opslae gemaak toe hulle uitgegaan het. Hul verhouding het egter net vyf maande geduur. 

Pete en Phoebe.
Pete en Phoebe. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ariana Grande

In 2018 het Pete en die “Thank U, Next”-sangeres Ariana talle verras nadat hulle aangekondig het hulle gaan uit. Weke ná die aankondiging het hulle bekend gemaak hulle is verloof. Hul paadjies het ook ná vyf maande geskei. 

Pete en Ariana.
Pete en Ariana. Foto: Gallo Images/Getty Images

Kate Beckinsale

Pete het nie gras onder sy voete laat groei nadat hy en Ariana uit is nie. Hy en Kate het in 2019 uitgegaan, maar hul verhouding het net vier maande geduur. 

Pete en Kate.
Pete en Kate. Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: People, e-online, Mirror, Page Six

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

18 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in