“Mense het van die begin af gesê Tussen ons moet nie net een maal ’n week op die kassie wees nie,” sê Tracey oor die program waarvan sy sedert Julie 2018 die hoofaanbieder is.
Nou kan hulle uitsien na hope mediese nuus, fiksheids- en leefstylwenke.
“Ek dink mense is baie tevrede om te hoor dat ons nou ’n bietjie meer op die lug gaan wees, en ek dink as jy dit nie in die week kan kyk nie, kan jy dit opneem en naweke agteroor sit en dit geniet,” sê Tracey.
Sy verklap die lekkerste deel vir haar van dié program is om ook gewone mense se stories te vertel.
Die ander dinamiese vroue in die paneel is oudpres. Nelson Mandela se gewese assistent, Zelda la Grange, die Kuier-redakteur Kay Karriem, Ingrid Jones en Success Lekabe.
Tracey gaan ook alleen die Donderdag-episode, wat bekend gaan staan as Tussen ons #TBT, aanbied.