Die Blink-182-tromspeler se 16-jarige dogter, Alabama, het Dinsdagaand haar 1,4 miljoen Instagram-volgelinge in ’n Instagram Story gevra om vir hulle gebede te stuur.
Travis is Dinsdagmiddag weens onbekende redes in die Cedars Sinai-hospitaal in Los Angeles opgeneem.
Hy is op ’n draagbaar in die hospitaal ingedra terwyl Kourtney (43) gestap het saam met die mediese personeel wat hom gedra het.