Trevor Noah en Minka Kelly se aan-en-af-romanse dalk finaal verby

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hulle was nou al ’n paar keer saam en dan weer uitmekaar, maar dit lyk nou of hul paadjies finaal geskei het.

Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah (38) en sy Amerikaanse meisie, die Euphoria-ster Minka Kelly (41), het blykbaar hul verhouding van twee jaar beëindig.

Volgens ’n skindertong naby aan hulle was Trevor, wat die satiriese nuusprogram The Daily Show aanbied, “te gefokus op werk en het hy nie genoeg tyd vir ’n verhouding gehad nie”.

Die bron sê Minka sou “eerder enkellopend wees as om haar tyd met die verkeerde ou te mors”.

Dit klink nie juis of hulle op goeie voet uitmekaar is nie . . . 

En dit nadat Trevor glo vroeër vanjaar miljoene op ’n huis spandeer het wat luidens berigte ’n nessie vir hulle twee sou wees.

Trevor en Minka het nog begin vanjaar alte lekker saam hier in sy geboorteland, Suid-Afrika, gekuier. Die komediant se vriende het in die sosiale media foto's van hom en Minka gedeel én boonop geskimp dat die tweetjies moontlik hul verhouding na die volgende stap kan neem.

Wel, dis as jy ’n Instagram-storie wat sy vriendin, die TV- en radioaanbieder Anele Mdoda, toe gedeel het, kan vertrou. 

LOS ANGELES, CALIFORNIA - SEPTEMBER 19: Trevor Noa
Die Suid-Afrikaanse komediant Trevor Noah. Foto: Getty Images/Gallo Images

Anele het vroeg in die jaar ’n foto van Trevor en Minka op haar Instagram-storie gedeel, waar sy Minka as ’n “Makoti” met talle drukkie-emotikons beskryf het. 

NEW YORK, NY - OCTOBER 03: Minka Kelly attends Ti
Die Amerikaanse aktrise Minka Kelly. Foto: Getty Images/Gallo Images

Makoti beteken “bruid”, “pasgetroude vrou” of “skoondogter”. Die woord het in die Zoeloe-kultuur ontstaan, maar word wyd in Suid-Afrika gebruik.  

Hoewel die skindertonge al sedert 2020 oor Trevor en Minka se verhouding klap, was daar verlede jaar talle gerugte dat die twee uitgemaak het net vier maande nadat Trevor in Januarie verlede jaar $27,5 miljoen vir ’n huis vir hom en Minka in die Bel-Air-area in Los Angeles opgedok het. 

minka kelly
Die foto wat gedeel is. Foto: Skermgreep/Instagram

Die twee het egter weer versoen en in Januarie vanjaar hier in Suid-Afrika kom uitspan.

Trevor en Minka het elk net een foto van hul Suid-Afrikaanse vakansie op hul Instagram-rekeninge gedeel, hoewel Trevor se vriende nie skaam was om talle foto's van die twee se uitstappies in die sosiale media te deel nie. 

minka kelly, trevor noah
Kyk net hoe loer Trevor en Minka onderlangs vir mekaar. Foto: Skermgreep/Instagram

En Minka was nogal opgemaak toe sy haar Suid-Afrikaanse foto aan die begin van die jaar gedeel het. 

“Neem ’n reis na Suid-Afrika. Vind vriende soos hierdie. Hê ’n vakansie van ’n leeftyd. Dankie, Mzansi,” het Minka geskryf. 

minka kelly
Minka sit en speel kaart terwyl sy in Suid-Afrika kuier. Foto: Skermgreep/ Instagram

In die foto wat Trevor van hom, Minka en sy vriende gedeel het, het hy egter net een van sy vriende met sy verjaardag gelukgewens. 

minka kelly, trevor noah
Dit lyk na die vakansie van 'n leeftyd. Foto: Skermgreep/ Instagram

Dit lyk asof dit altyd warm en koud tussen die twee is.

Toe hulle in 2020 ’n verhouding aangeknoop het, het ’n bron aan die glanstydskrif People vertel: “Hulle is baie gelukkig. Dit is ’n baie ernstige verhouding.”  

Maar, het ’n betroubare bron destyds aan die tydskrif People gesê: Dit blyk dié tweetjies breek nogal gereeld op.  

Die Amerikaanse media het juis verlede jaar berig Trevor en Minka se romanse het gesneuwel. 

Nou het hul paadjies glo finaal geskei. 

“Hulle breek op en dan kom hulle weer by mekaar uit. Dit lyk asof hulle regtig baie lief vir mekaar is. En elke keer wanneer hulle weer by mekaar uitkom, probeer hulle hul bes om dit te maak werk,” het ’n bron aan People gesê. 

Maar dit lyk of dié taktiek nie hierdie keer vir Trevor en Minka gewerk het nie . . .  


Bronne: Instagram, e-online, People, US Weekly, Daily Mail

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  

Teken hier vir ons nuusbriewe in:

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees