Die aankondiging dat hy uittree as die giftong aan die stuur van dié Amerikaanse satiriese laataandprogram, het die tonge laat klap, maar daar is geen keer aan Trevor nie.
Die 39-jarige is pas aangewys as die aanbieder van LOL: Last One Laughing, ’n reeks waarin 10 van die bekendste Suid-Afrikaanse komediante en vermaakkunstenaars teen mekaar gaan meeding om te kyk wie die lagspiere die beste kan kielie.
Hy sien daarna uit om weer met gehore in sy geboorteland te kliek, sê Trevor in ’n verklaring. Toe hy verlede jaar uit die gesogte posisie as die Daily Show-aanbieder bedank het, het hy juis verklaar hy wil meer komedievertonings voor gehore doen.