Dis lieflike lente en die oggendlug ruik na veldblomme toe die pragtige bruid in die kerk instap. Dis asof die seisoen sáám met haar in die deur verskyn – die lente én die liefde.
Die bruidegom moet die trane wegsluk toe sy in haar lang wit trourok met kant-appliekwerk in die moderne kerk hier op Riversdal in die Wes-Kaap instap.
Hy kry kans om tot verhaal te kom toe sy in die kanselpaadjie afstap op die maat van die groep Lonestar se romantiese lied “Amazed”: I’ve never been this close to anyone or anything / I can hear your thoughts / I can see your dreams . . .