Hul sosialemediafoto’s laat dit lyk asof dié paartjie permanent met romantiese vakansie is.
Die akteur en sy meisie, wat mekaar in die reeks Op my eish! gevind het, koer gereeld op al wat ’n bestemming is.
Dié keer het hulle ’n foto gedeel van hulle wat op ’n Durbanse strand uitspan. “As dit lyk soos vakansie en dit ruik soos vakansie, dan is dit seker vakansie,” skryf Francois by die foto.
“Die jaar was so te sê ’n vakansie. Ons was wyd en syd, as dit nie in Phuket of Mosambiek was nie, dan was dit Kaapstad en Durban,” sê hy.
“Ons was baie bedrywig en verlief, en glo hierdie jaar gaan selfs meer belowend wees.