book-icon Uitgawe 7 Oktober 2021
Deel

'Vergeet my nie' se Sean-Marco word ’n dogtertjie-pa

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Marquarite van Eeden en Sean-Marco in 'n toneel van Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie. Hulle het die hoofrolle vertolk.
Marquarite van Eeden en Sean-Marco in 'n toneel van Huisgenoot se tweede fliek, Vergeet my nie. Hulle het die hoofrolle vertolk.

Met sy baard, breë glimlag en vonkelende oë het hy vroue reg oor die land laat swymel in die rol wat hom alombekend gemaak het. Die rol van die boerseun Hugo Derks in Huisgenoot se fliek Vergeet my nie was gemáák vir die akteur Sean-Marco Vorster. Maar nou staan hy reg vir die grootste rol van sy lewe – dié van pa.

Hy droom al van kleins af hieroor, vertel ’n stralende Sean-Marco (29) vandag. ’n Klein mensie wat hom naboots en mettertyd sy of haar eie persoonlikheid sal kry. Iemand wat kan groot droom en, nes hy as kind, kaalvoet in die modder sal kan baljaar.

“Ek wou nog altyd ’n pa wees, en ek het my altyd verbeel ek gaan ’n dogtertjie-pa wees, en kyk nou net . . . Ons verwag ’n dogtertjie!” verklap die akteur en glimlag vir sy verloofde, die Legacy-­aktrise Jay Anstey (30).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

30 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees