Dit was veronderstel om net ’n vinnige terugkeer te wees na haar huis om te kyk of daar nie nóg iets is wat sy op die trekbakkie kon laai nie.
Maar wat toe gebeur, het Lorna Potgieter-Rossetti, voormalige mej. Suid-Afrika van 1984, nooit gedink sou op dié dag vir haar voorlê nie.
Lorna en haar man, Antonio Rossetti, was vroeër vandeesweek besig om uit hul huis in Duxberry in Sandton te trek.