Daar is niks soos die liefde nie. Al steier die wêreld onder die skokke van ’n pandemie, aardverhitting en oproer, bly die liefde blom en laat dit verliefdes dikwels van alles – behalwe mekaar – vergeet.
In Hollywood het nuwe liefde die afgelope tyd behoorlik vlam gevat. Om jou van die wêreld se sorge te laat vergeet, is hier ’n paar van dié romanses wat mense deesdae aan die gons het – party is nog liggies aan die prut, terwyl ander die kwik die hoogte in laat skiet.
Want waar liefde is, is daar lig in die donker, of hoe?