Wat op dees aarde doen Leandie du Randt in Oekraïne?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die aktrise en aanbieder Leandie du Randt is tans in Oekraïne en haar aanhangers wil weet: Waarom?

Leandie het onlangs op Instagram haar opgewondenheid gedeel om weer na die buiteland te kan reis. Op 'n foto glimlag sy breed met haar paspoort in die hand. Daarby het sy geskryf: "So opgewonde om weer oorsee te gaan."

Die Getroud met rugby-aktrise laat beslis nie toe dat die pandemie haar keer om voluit te lewe nie. En elke oomblik van haar avontuur deel sy met haar 212 000 Instagram-volgelinge.

Haar sosiale media-inskrywings laat beslis die koppe draai en aanhangers kan nie help om te wonder nie: Wat doen sy in Oekraïne?

Maar Leandi is beslis nie gereed om die aap uit die mou te laat nie.

Een van haar aanhangers het kommentaar op 'n foto van Leandi gelewer en haar gevra wat sy in Kiëf, die hoofstad van die land, doen.

Leandi het bot geantwoord en net gesê: "Werk" saam met twee emoji-gesiggies met harte in hul oë.

Sy het later om verskoning gevra en gesê sy kan nie op hierdie stadium veel meer sê nie.

In 'n ander plasing het sy 'n paar agter-die-skerms-foto’s geplaas wat lyk of dit moontlik vir ’n advertensie geneem is.

Sy het toe ’n ander nuuskierige gebruiker geantwoord en gesê sy is besig om ’n skoonheidsadvertensie te verfilm.

Maar is dit al rede vir haar reis? Of kan daar meer daaraan wees?

 Of dit net vir werk of ook vir plesier is, sal haar aanhangers seker later uitvind. Intussen het vele ander bekendes, soos die aanbieder Roxy Burger, haar ’n goeie en veilige reis toegewens.

In ’n ander plasing wat wys hoe sy deur die strate van Kiëf toer, sê sy grappenderwys mense in die stad is dalk meer bang vir haar as wat sy vir hulle is.

Ten spyte hiervan lyk dit of die entrepreneur die tyd in die buiteland geniet, soveel so dat sy beslis betekenis gee aan die Engelse gesegde, “the world is your oyster”. Deur haar foto's is dit duidelik sy het 'n groot liefde vir reis en om nuwe stede te besoek.

Sy sê sy was nog nooit in 'n ander land vir werk nie. Dit blyk dat dit beslis 'n loopbaanmylpaal vir die aktrise is.


Teken in op ons nuusbriewe
Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees